For the love of God... UNITE!

 

VISIE

In die tyd toe daar baie gepraat is oor eenheid tussen kerke, spesifiek oor NGK en VGK het ons as groep gevoel dat die Visie vir ons baie na aan die hart lê. Eerstens glo ons daar moet eenheid wees tussen Christene wat as die liggaam van Christus funksioneer, en daarom streef ons ook daarna in Oxlos. Uit hierdie eenheid wil ons die liefde van God wys vir die wêreld en die boodskap van God se genade verkondig. Ons probeer dus 'n getuinenis lewer wat eenheid tussen mense, christene, kerke en kulture bevorder, om mekaar in liefde te aanvaar, want ons kan, omdat God Sy liefde in ons harte uitgestort het.

MISSIE

Ons is 'n dansgroep wat God dien en mense bedien met danse, wat God eer en verheerlik. Ons wil as ambassadeurs vir Christus optree wat mense aanmoedig en inspireer om in eengesindheid saam te lewe. Een in waarheid, een in Gees!

 

Wat doen ons?

Ons lewer dansoptredes op Christelike musiek. Ons kies die musiek so, dat dit saam met beweging ‘n boodskap kan uitdra. Tans tree ons met ons uur lange produksie “The Dance” op by verskeie gemeentes, jeugaksies en skole. Ons pas ook graag aan by die gemeentes, jeugaksies of skole se behoeftes en kan dus ook ‘n korter optrede gee wat bestaan uit dans en getuienis.

oxlosdans@hotmail.com
082 824 1091
TUIS >>
OPTREDES >>
FOTO'S >>
Ontwerp deur Marsunet Scholtz 2005
_____________________________________________________________________