Studente Akkommodasie
English
framecurve2 Studente Akkommodasie

Terug na Studente Akkommodasie

Algemene Inligting

'n Belangrike deel van die van die Universiteit Stellenbosch is sy 24 Universiteitskoshuise. Die meeste van hulle is op die kampus in Stellenbosch geleŽ; twee is op die Tygerberg-kampus vir studente wat Medies en Tandheelkunde studeer. 'n Derde van die Universiteit se studente bly in koshuise; ander bly in Universiteitshuise en Universiteitswoonstelle, of loseer privaat in en om Stellenbosch.

Die "kampuslewe" maak 'n groot deel uit van 'n student se sosiale bedrywighede. Deur op die kampus te bly, maak studente makliker vriende, is hulle deel van die studentegemeenskap en is hulle meer onafhanklik terwyl hulle nogtans gerieflik binne stapafstand van lesingsale en dienste is.

Koshuise
Etepakette
Studente met Gestremdhede
Studentehuise
Studentewoonstelle


Terug na bo

Die koshuise vorm die hart van die kampuslewe en Matie-wees. Hier word vriendskapsbande gevorm en versterk, kultuurverskille ontdek en geniet. Hier word ook 'n groepgees opgebou deurdat koshuisinwoners saam deelneem aan sportkompetisies, en ander formele en informele bedrywighede.

Op die Stellenbosch-kampus is daar 12 vrouekoshuise, nege manskoshuise en een gemengde koshuis. Studente wat in enige van hierdie koshuise geplaas word, is onder die toesig van die koshuis se inwonende hoof, wat op sy/haar beurt bygestaan word deur 'n aantal senior studente wat as raadgewers optree. Hierdie raadgewers help studente om 'n verskeidenheid sake te hanteer, hou toesig oor die gebou se sekuriteit en instandhouding en beplan talryke opvoedkundige en sosiale programme vir die studente.

Elke koshuis is toegerus met moderne wasgeriewe en 'n gemeenskaplike woonkamer om in te kuier, televisie te kyk, of om sommer net in rond te sit. Al die vrouekoshuise en party van die manskoshuise het 'n gemeenskaplike en/of privaat sitkamer waar besoekers ontvang en onthaal kan word. Die meeste koshuise spog met 'n pragtige binnehof en/of tuin om in te ontspan. Teen 'n minimale bedrag kan koshuisstudente hulle persoonlike rekenaars in hulle kamers met die Universiteit se netwerk verbind. Sů kry hulle direk toegang tot die WÍreldwye Web, akademiese inligting en biblioteekdienste.

Terug na bo

Al die studente wat in koshuise woon kan kies of hulle by die koshuis wil eet of nie. By registrasie aan die begin van die jaar, koop elke koshuisstudent 'n maaltydkwota. Etes word drie keer per dag in die koshuise se eetsale bedien en studente bespreek vir die etes wat hulle wil geniet. Die meeste van die koshuise het ook snoepwinkels waar eetgoed, lekkers en koeldrank verkoop word.

Vier van die koshuise (Heemstede, Hombrť, Monica en Simonsberg) en twee Universiteitswoonstelle vir hoofsaaklik nagraadse studente (Huis De Villiers en Concordia) is toegerus met geriewe vir parapleŽ. Een van die studentehuise (Sweet Heart) voorsien in die behoeftes van kwadripleŽ. Verder probeer die Universiteit deurlopend om sy behuising meer toeganklik vir studente met gestremdhede te maak.

Universiteit Stellenbosch se koshuise lÍ hulle daarop toe om 'n kampusomgewing te skep wat studie en persoonlike en sosiale ontwikkeling bevorder. Daarom laat die Universiteit se alkoholbeleid nie die gebruik van alkohol in sy koshuise/woonstelle/huise toe nie, behalwe op goedgekeurde plekke.

Terug na bo

University Houses

University houses (more informally known as "student houses") provide housing to mainly final year or post-graduate students who wish to be more independent, but still want to stay within the campus grounds. The University houses are beautiful old houses with large single or double bedrooms, lounge areas and fully equipped kitchens, as well as a garden with a "braai" area. University houses provide single gender accommodation. Discipline and order is usually the responsiblity of senior student who assumes the position of advisor and warden. Students who live in these "student houses" have to provide for their own meals. There is one student house (Sweet Heart) which provides facilities for quadriplegics. There are 27 university houses scattered around campus.

Terug na bo

University Flats

University flats provide mixed-gender accommodation for mostly post-graduate and/or international students. Students can choose between single- or double bedrooms and share lounge-, kitchen- and bathroom areas with the other students in their section of the flats. A senior student is appointed in each university flat to act as Head Student/Ward. Huis De Villiers and Concordia are equipped with facilities for paraplegics.

Terug na bo